‘Real’ liefde = ‘real’ mense

posted in: BLOG | 0

Elke huis het sy kruis, maar die visie vir die Adora Tienerhuis is geïnspireer deur die boodskap van die kruis.

In September word die opening van ’n huisvesting beplan waar tienermeisies nie net oor ‘n dak bo hulle kop sal hê nie, maar ook versorg word op verskeie vlakke.

Soos die duidelike nood vir tienerverblyf uit die Garsfontein gemeenskap vorendag gekom het, is Adora Projek gestig deur Eugene Laas, Garsfontein Hoërskool onderhoof.

Dominee Lieneke Neethling van Garsfontein gemeente verduidelik: “Adora beteken ‘geliefde kind’, wat ’n groot deel sê van wat ons droom is; dat tienermeisies besef wat dit is om onvoorwaardelik liefgehê te word en deel te wees van ’n gemeenskap wat omgee.”

Jean Vanier se woorde in From brokenness to community, vorm die grondslag van hierdie visie:

“We believe that brokenness is disconnectedness, healing is essentially found in community.  Presence makes the difference!”

Geleë naby die Hoërskool, sal die huis hoofsaaklik oop wees vir “die mees weerlose dogters wat ‘n behoefte het aan fisiese, emosionele en geestelike ondersteuning”, bevestig Lieneke.

Omstandighede soos die gebrek aan finansiële fondse en mishandeling sal in ag geneem word vir die toelating van sewe tot agt dogters, in lyn met die kapasiteit van die huis.

“Ons glo deur hierdie meisies deel te maak van ‘n liefdevolle gemeenskap, dit regtig ‘n verskil in hulle lewens kan maak,” sê die dominee.

Sy vertel oor haar begrip van die uitdagings wat tieners in die gesig staar om hulleself uit te leef, wat bemoeilik word deur onstabiele huisomstandighede.

“Ek dink dat dit meestal ‘n groot uitdaging is vir tieners om hulleself te wees.  Ek onthou goed toe ek nog ‘n tiener was en al die druk om iemand te wees wat aanvaarbaar is vir die mense rondom jou.”

Adora mik daarop om huislede op te bou deur hulle uit te daag om te groei.

“Ek dink as tieners besef hoe ‘loved’ hulle eintlik is deur God, dan raak dit vir hulle makliker om ‘real’ te wees.”

Wes-Kaap Premier Helen Zille het in Junie by die OneLife Together geleentheid in Kaapstad na die verantwoordelikheid van gesinsliefde verwys.

Die projek word tans ondersteun deur borge van Garsfontein NG Gemeente gemeenskapslede en bestuur as ’n afsondelike nie-winsgewende organisasie.

Hulle vertrou tans vir borge en donasies vir die instandhouding om meisies se maandelike onkostes te dek. Stuur gerus ‘n e-pos aan lieneke@nggars.org.za of jeug@nggars.org.za om ‘n bydrae te maak.

Leave a Reply