Jou Ultimate Reis oppad na plase en omliggende gemeenskappe

posted in: BLOG | 0

Na ongeveer 18 maande se navorsing, terugvoer en woeker tussen woorde met die Woord as kompas, is die nuutste boek in die RealDeal-reeks uiteindelik beskikbaar. 

Vanaf die begin van die stigting van die organisasie (RDT) was dit ‘n belangrike prioriteit vir die trustees om die oorspronklike teks, Amazing Reis, vir ‘n kultureel-diverse gehoor aan te pas.

Jou Ultimate Reis is die uitkoms van skouers skuur, dae en weke se werkswinkels, harte deel en realiteite vasvang deur betroubare verteenwoordigers van plaas- en ander gemeenskappe wat uitdagings van misbruik en geweld in die gesig staar.

Volgens die outeur van die oorspronklike teks is die boek ‘n opgradering. Die struktuur is aangepas om ‘n meer toepaslike tematiese roete te volg vanaf redding tot ‘n toegewyde verhouding met Jesus Christus vir ‘n lewe met purpose. 

Nuwe hoofstukke oor identiteit en vergifnis, sowel as ‘n meer interaktiewe en praktiese inhoud sorg vir ‘n dissipelskapbron waarby enige kind van God met ‘n honger om geestelik te groei kan baatvind.

Die variteit van getuienisse is verbreed om ‘n wyer perspektief op die krag van die Woord in ‘n verskeidenheid van agtergronde te verteenwoordig.

Die boek is reeds vertaal in Engels. Soos met die ander titels, is die manuskrip tans op terugvoerstadium om toepaslikheid vir die teikengehoor te verseker.

Your Ultimate Journey is egter reeds oop vir bestellings aanlyn of per e-pos.

Leave a Reply