Jou Ultimate Reis (Afrikaans, Ouderdomsgroep: 13+)

R30.00

Hierdie boek is ‘n aanpassing van die oorspronklike teks Amazing Reis om die materiaal meer relevant te maak vir gemeenskappe geteister deur mishandeling, misbruik en geweld.

4045 in stock

Description

Hierdie boek is ‘n aanpassing van die oorspronklike teks Amazing Reis om die materiaal meer relevant te maak vir gemeenskappe geteister deur mishandeling, misbruik en geweld.

RealDeal werk saam met ‘n span verteenwoordigers van plaasgemeenskappe, eks-gevangenes en bedieninge in areas wat strek vanaf Eersterivier, tot Idas Vallei en Wellington ondermeer.

Indien jy ‘n bediening in ‘n soortgelyke gemeenskap lei, of self hierdie uitdagings in die gesig staar, laat gerus van jou hoor! Ons sal jou terugvoer rakende die boek waardeer.

Additional information

ISBN

ISBN: 978-0-620-66217-8

6 reviews for Jou Ultimate Reis (Afrikaans, Ouderdomsgroep: 13+)

  1. “Hierdie boek is nie net nog ‘n dissipelskapboek of Bybelstudie nie. Jou Ultimate Reis is ’n kompas wat jong Christen jeug lei en rig om hulle ware identiteit in Christus te ontdek. Dit rus hulle toe om hulle purpose te vervul van ’n Goddelike lewe. Ek beveel hierdie boek aan vir elke jeugpastoor wat Christenskap wil real maak onder die jeug vandag. As dit in die tronk werk, kan dit vir jou bediening ook werk.” – Mario Rousseau

  2. “Hierdie boek kan ‘n groot impak maak…’n regte ‘tool’ in die ‘coloured community’.” – Leon Jacobs

  3. “Dis uitstekend. Maklik verstaanbaar en lekker groot gedruk. Die mense geniet dit.” – Johan Hurter, SLG Bedieninge

  4. “Ons as leiers is baie opgewonde. Dit is ‘n leemte wat gevul is. Die boek is relevant en net op grondvlak.” – JB Wessels, Amos

  5. “Vir 3 jaar het dit gevoel asof ek nie regtig ‘n close relationship met God het nie, maar toe gaan ons op ‘n kamp en die boekie is te koop. Terwyl ek die boekie op my eie deurgaan kom die honger van voorheen weer so op in my om meer te leer van God en sy wil en ek besef dat ek eintlik ‘n regte close verhouding met Hom het.” – Rochell Paulse van die Koue Bokkeveld

  6. “Ek wou dit nie vir een oomblik neersit nie. Ek kon so baie relate, want baie van dit getuienisse in die boek is maar soos my lewe en wat ek als deurgemaak het. Die boek het my laat besef dat God nie slaap nie. Hys met ons, Hy sien ons seer en Hy wil regtig net help. Hierdie boek het my gehelp om by God te bly en Hom te vertrou. Sy goedheid , liefde en omgee is nou vir my die belangrikste.” – Amy Abrahams, Eersterivier

Add a review